Fooie

Willebeer Atletiek Klub bestaan nou reeds vier jaar en dit bly groei. Om die groei te handhaaf in terme van, personeel, administrasie, klinieke, netwerke, lopende bankkostes en opleiding om 'n paar te noem is dit nodig om 'n fooi struktuur te hê. Die klub het 'n hoofafrigter (Willem de Beer), 'n boekhouer sowel as assistent afrigters,benewens die vrywilligers wat inspring wanneer dit nodig is.

Die assistent afrigters is self ook elite atlete en nog besig om te studeer. Ek doen ook moeite deur die Willebeer Netwerk om professionele dienste te betrek wat die klub geld kos van tyd tot tyd. Die fooie word ook jaarliks aangepas na die skool seisoen soos dit nodig is. Sonder hierdie bydrae kan die klub nie voortgaan nie.

Laerskool se kwartaalfooi is minder as die hoërskool omdat hulle minder oefen. Indien iemand sy/haar ander sport eers afhandel en nie in die begin van die kwartaal inskakel nie sal die huidige maandfooi van R560 (wat uitgewerk is op twee sessies ‘n week teen R70) geld vir so klublid.

Die kwartaalfooi is betaalbaar in die eerste maand van die kwartaal en dit sal so aangedui word op julle faktuur wat julle van die boekhouer, Diana ontvang. Die kwartaalfooi is ook afbetaalbaar soos dit elkeen pas.

Sedert 2017 is daar 'n jaarlikse Klubfooi van R320 wat die klub help om 'n eindjaarfunksie te reël waar die kinders toekkennings kry. Hierdie geld registreer ook die klub by Atletiek Gauteng Noord (AGN) jaarliks as 'n wettige klub wat die kinders instaat stel om deel te neem aan die AGN liga's en Kampioenskappe as lede van die Klub.

  • Die kwartaalfooi sluit nie die jaarfooi in nie.
  • Indien sessies nie bygewoon word nie nadat die kwartaalfooi betaal is, is die klub nie verantwoordelik nie.
  • Oefenkampe en klubdrag is nie ingesluit by ‘n kwartaalfooi nie. Dit word op versoek bestel.

Die kwartaalfooi is as volg:

  • Laerskool:  R1200 (uitgewerk R400/maand)
  • Hoërskool: R1500 (uitgewerk op R500/maand)
  • Klinieke: Hang af van aanbieder (Verspring kliniek was al R160)
  • R 320 jaarlikse klubfooi
  • R 80 ASA Lisensie (vir privaat byeenkomste, gedryf deur Atletiek Gauteng Noord - Beskikbaar by die klub)

Die kwartale

  • Januarie – Maart (Atletiekseisoen en Tweekamp)
  • April – Junie (Landloop voorseisoen en Tweekamp)
  • Julie – September (Landloop seisoen en Atletiek voorseisoen)
  • Oktober – Desember (Atletiek voorseisoen en Tweekamp voorseisoen)

 

Indien ‘n ouer sukkel om die fooie te haal nooi ek hulle graag uit om met my daaroor te gesels en 'n epos te stuur aan willem@willebeer.co.za. Ek luister graag en is baie diskreet daaroor. Moenie huiwer om my te kontak nie.

 

Ons Afdelings