Willebeer

"Willebeer Atletiek" is 'n afdeling van Willebeer Afrigting wat dien as motivering vir kinders om doelgerig en hard te werk. Die embleem is gebasseerd op die oorspronklike Willebeer Afrigting embleem met die bykomstigheid van die lourier krans. Waarom die lourier krans? In die Antieke Grieks-Romeinse wêreld was atlete beloon met 'n kroon wat gemaak was van gevlegte lourier blare. Dit was dus 'n manier van erkenning. 

 


laurel wreath is a circular wreath made of interlocking branches and leaves of the bay laurel (Laurus nobilis).

In ancient Greece wreaths were awarded to victors, both in athletic competitions, including the ancient Olympics made of wild olive-tree.


 

Die term "Willebeer" word informeel en formeel gebruik. In oefensessies sal kinders 'n "willebeer" genoem word indien hulle 'n sekere tegniek of oefening bemeester het of daarin uitblink. 'n Tipiese voorbeeld is die "plank" oefening wat deel vorm van die basies core-versterkings: Ek sal 'n minimum en 'n maksimum tyd stel wat ek wil hê die kinders moet doen. As hulle minder as die minimum doen is hulle "ysbere" en as hulle die maksimum haal of oortref is hulle "Willebere" (bygesê dit is nooit buitensporig nie en meeste haal dit). Dit is eintlik maar net fun & games.

Op 'n meer formele basis gee ek persoonlik vir kinders erkenning wat werklik uitsonderlik presteer het. Dit is so dat sommige kinders op 'n vroeëre ouderdom meer presteer (die redes hiervoor is of rou talent of die kind het vroeër ontwikkel as hulle teenstanders - die rede is nie belangrik nie). Hierdie kinders moet ook erkenning kry wat hulle nie noodwendig op ander plekke sou kry nie. Dit gaan nie daaroor om hulle op te hemel nie of hulle prestasies bo die gemiddelde atleet uit te lig nie. Dit is 'n vorm van erkenning wat hulle motiveer om eerstens aan te hou met die sport en tweedens om hulle te leer om buite sport ook hard te werk. Indien 'n kind verder as skoolvlak presteer soos om cluster te wen of aan distrik, provinsiaal, of nasionaal deel te neem skryf ek persoonlik vir hulle 'n brief van erkenning waarin ek hulle die Willebeer benaming gee. 

Wat "Willebeer" nie is nie. Dit is nie 'n status simbool nie en dit is nie iets wat die kinders oor mekaar se koppe hou nie. Dit is ook nie 'n groepie gunstelinge wat deur myself, die assistente of ouers gekoester word nie. Dit is ook nie iets wat voor aansoek gedoen kan word nie. Dit is 'n geval van give credit where credit is due.

Dit is nie die hoof doel van Willebeer afrigting nie. Ek herinner die kinders ook gereeld dat nie alles gaan oor wen nie.


 

24Weet julle nie dat die wat op die baan hardloop, wel almal hardloop, maar dat een die prys ontvang nie? Hardloop só dat julle dit sekerlik kan behaal.

25En elkeen wat aan ’n wedstryd deelneem, onthou hom in alles — húlle nogal om ’n verwelklike krans te ontvang, maar ons ’n onverwelklike. - 1 Korintiërs 9:24-25 (Ou vertaling)

Ons Afdelings