"Willebeer Netwerk" is 'n afdeling van Willebeer Afrigting wat bestaan uit 'n netwerk van professionele dienste. Die embleem is gebaseerd op die oorspronklike Willebeer Afrigting embleem met die beer wat saamgestel is uit verskillend kleure en blokkies. Waarom die veel kleurige beer? Dis omdat geen atleet op sy of haar eie kan staan nie en geen prestasie ooit individueel bereik is nie. 'n Atleet word ondersteun deur verskillende mense van familie tot medici en verskeie verskaffers.
Die Netwerk het een doel voor oë: Blootstelling van professionele dienste in die sport- en atletiekwêreld en Beertjie voordele. In al my jare met atletiek het ek baie kontakte opgebou en dit help natuurlik dat ek ‘n voormalige Olimpiese atleet was. Vir een of ander rede is mense net meer gewillig om mens te help dan.
Ek reël met sekere plekke soos Run Away Sports (Ek koop al by hulle tekkies en spykerskoene vandat ek elf was) of Speed bands (PTY) ltd. vir afslag vir die beertjies. Tekkies en ander atletiese drag is duur, maar in vergelyking met ander sportsoorte soos fietsry is dit nog goedkoop. Dit help wel om so nou en dan 'n afslag te kry.
Wat Willebeer Netwerk nie is nie. Dit is nie 'n geldmaak idee vir my nie. Ek kry nie 'n kickback van die instansies wat deel is hiervan nie. Waarom dan doen ek dit? Dit gaan vir my daaroor dat ek weet die atlete kry die beste moontlike diens en word na gekyk deur mense wat weet wat hulle doen. Dit stel my gerus en dit gee julle blootstelling oor wat daar buite is. Byvoorbeeld wil ek weet dat 'n besering na gekyk word deur 'n fisoterapeut en nie sommer net gelos word met die hoop dat dit gaan beter word nie.
Tans deel van die Netwerk: