Willebeer trofee kas

Daar is verskeie prestasies wat erkenning kry in die Willebeer Atletiek Klub. Daar is deelnemers toekennings wat elke lid van die klub ontvang aan die einde van die seisoen. Die idee hiervan is om kinders erkenning te gee vir hulle harde werk gedurende die seisoen en om op hierdie manier kinders te beloon wat andersins nie raakgesien sou word nie. Daar is ook toekennings vir die vlak wat 'n atleet aan deelgeneem het. Daar is spesiale toekennings wat kinders beloon vir deelname op inter_provinsiale (meer as een provinsie maar nie al die provinsies nie) en nasionale vlak (al die provinsies). Die grootse toekennings is die beste junior seuns en dogters atleet en die beste senior seuns en dogter baan en veld atleet. Daar is ook 'n spesiale toekenning vir die atleet wat reg deur die seisoen 'n hoë standaard gehadhaaf het.


Die idee van hierdie toekennings is nie om kinders op te hemel nie maar eerder:

  • om 'n liefde vir die sport te kweek,
  • om hulle te leer dat harde werk beloon word,
  • om erkenning te gee wat andrsins sou gemis word,
  • om self vertroue te kweek,
  • en om te beloon waar dit regverdig is.

Hoe word prestasie ten opsigte van punte beoordeel?

Alle byeenkomste wat gebruik maak van elektroniese tyd (of opgeleide provinsiale beamptes wat tydhou), windlesings en ASA (Atletiek Suid Afrika) tabel punte. Die laasgenoemde tabel is 'n gestandardiseerde tabel wat dit moontlik maak om verskillende items met mekaar te vergelyk. Die maksimum punt is 1200 (nasionale rekord) en dit word terug gewerk in millisekondes en milimeters punt vir punt. Dus enigeprovinsiale liga of byeenkoms wat deur 'n Universiteit aangebied word. Hierdie byeenkoms is gewoonlik op tartanbane. Dus word provinsiale kampioenskappe ook in ag geneem.

Hoekom word skoolbyenkomste nie in ag geneem nie?

Die beamptes is nie opgeleide beamptes nie en ervaring het geleer dat daar dikwels foute kom. Alle tye wat geneem word is ook met die hand geneem. Met 'n byeekoms by 'n skool wat ek bygewoon het in 2016 het die tydhouer n tyd vir 'n seun van elf jaar aangeteken wat 'n wêreldrekord sou wees vir Seniors mans en dit nie eens besef nie. Dit is onmoontlik en sou onregverdig wees om so punt te laat tel en vals indrukke by 'n kind en ouers skep. Daar is ook geen windlesings nie wat dit onseker maak of daar wettige winde was of nie ('n wind van meer as twee meter per sekonde van agter is nie wettig nie). Ervaring het ook geleer dat die skole se punte tabelle nie opgedateer is nie. 


Deelnemers medalje

  • Brons - Cluster vlak/ slool span/ plaaslike ligas
  • Silwer - Distrik / Atletiek Gauteng Noord kamioenskappe (enige iemand kan inskryf hiervoor - geen kwalifikasie)
  • Goud - Gauteng skole (moet top twee van Distrik wees om hier deel te neem) / AGN Span (Gauteng-Noord span)

Willebeer toekenning (Trofee)

  • Almal wat provinsiale klere kry en Gauten skole (Maart maand - department of education) of AGN (November - Atletiek Gauteng Noord) erteenwoordig.

Beste Juniors seun en dogter (Trofee)

  • Seun (met hoogste punt gedurende die seisoen vir enige item)
  • Dogter (met hoogste punt gedurende die seisoen vir enige item)

Beste Seniors seun en dogter (Trofee)

Baan

  • Seun (met hoogste punt gedurende die seisoen vir enige baan item)
  • Dogter (met hoogste punt gedurende die seisoen vir enige baan item)

Veld

  • Seun (met hoogste punt gedurende die seisoen vir enige veld item)
  • Dogter (met hoogste punt gedurende die seisoen vir enige veld item)

Willebeer van die jaar

  • Hierdie is ook 'n spesiale toekenning wat gegee word aan die Beertjie wat die hele seisoen 'n hoë standaard gehandhaaf het. Dit word bereken op die atleet se gemiddelde punt se beste drie punte van die seisoen (baan of veld).

Ons Afdelings