WilleWinters

"Wille Winters" is 'n afdeling van Willebeer Afrigting wat verwys na oefening in die wintertydperk. Die embleem is gebasseerd op die oorspronklike Willebeer Afrigting embleem met die bykomstigheid van die sneeuvlokkies. Waarom die sneeuvlokkies? Vanselfsprekend wys dit na winter - nie dat Suid-Afrika bekend is vir sneeu nie maar baie van die Beertjie-familie het gedink dit is oulik.


Wat is Wille Winters?

Oefen in die wintertydperk is wat afrigters na toe sou verwys as donkie werk. Dit is nie item spesifiek nie en dit is 'n groot fases wat bestaan uit basis werk. Die idee is om atlete 'n breë basis te gee wat hulle sal dra nie net in die seisoen van September tot November nie maar ook vir Januarie tot Maart. Dit is 'n groot fase wat baie ruimte skep vir ontwikkeling in algemene fiksheid en ander vaardighede. Atletiek is baie liniêr in die sin dat hardlopers in een rigting beweeg, en egalige draaie het. Selde ontwikkel ons in laterale (links en regs) bewegings soos wat vereis word in wintersport. Dus gee ek ook daaraan aandag.

Die oefening in hierdie tyd is meer in  volume as kwaliteit. Dus oefen die atlete oor groter afstande as wat hulle in seisoen doen maar die oefeninge sal stadiger wees as die spoed waarteen hulle oefen in die kompetisie fase. Die oefening is nie wild soos die naam voorstel nie. Dit is heeltemal hanteerbaar en op die kinders se vlak.

Wie doen Wille winters?

Enige Beertjie is welkom! Dit is tipies die kinders wat klaar is met hulle wintersport of mammas wat die kinders stuur om afleiding te kry van toetse. Dit is ook kinders wat teenoor my drome uitgespreek het soos om provinsiale spanne te haal wat nie wintersport doen nie. Ek doen ook my deel om die kinders te beskerm teen uitbranding in hierdie tyd en beperk hulle oefensessies. Ek hou ook die oefeninge op hulle vlak sodat hulle nie 'n vroeg ryp, vroeg vrot geval word nie.

Ons Afdelings