Winkel

BEERTJIE-DRAG

Die offisiele klere van die klub noem ons die beertjie-drag wat ook die klere waarin ons deelneem insluit. 

Die aankoop van die beertjie-drag is nie verpligtend om aan die klub te behoort nie, alhoewel hulle daarin moet deelneem as hulle die klub verteenwoordig. Wanneer hulle die skool verteenwoordig op skool byeenkomste, trek hulle, hulle skoolklere aan. Wanneer hulle, hulle distrik of provinsie verteenwoordig, trek hulle ook die gepaste klere aan wat deur die genoemde instansies verskaf word.

Vele ondersteuners en ouers besit ook al beertjie-drag en daar is vir die ondersteuners ook 'n reeks beskikbaar.


BEARone

BEARone produkte kan bestel word by bearone@willebeer.co.za. Volg die skakel om 'n bestelvorm af te laai.

Vir meer inligitng oor BEARone kyk hier.


Indien julle belangstel in goedere (soos op die foto gesien) wat deur Willebeer Afrigting verkoop word, laai gerus die bestelvorm af by vorms en stuur dit terug na willem@willebeer.co.za

 

Ons Afdelings