Fotos

L/S Monumentpark vereer die Beertjies

Laerskool Monumentpark het 7 beertjies vereer vir hulle puik deelname gedurende die atletiek seisoen. Elke atleet het 'n toekenning ontvang vir hulle deelname vir die Cluster Kampioenskappe, 6 van die atlete vir deelname aan die Distrik Kampioenskappe, 5 vir deelname aan Gauteng Skole Kampioenskappe en  5 het toekennings ontvang vir beste atleet in hulle onderskeie items. Ons is baie trots op die kinders vir hulle harde werk.

Firefly Photography - 27 Mei 2017

Hierdie fotosessie is gehou deur Retha Wepener van Firefly Photography. Retha het haar dienste aangebied vir die beertjies wat in die laaste 6 maande op provinsiale gebied presteer het. Dit was 'n baie lekker dag .Ons is baie bevoorreg om so goeie en passievolle fotograaf te ken. 

http://fireflyphotography.co.za/

Gauteng Skole 2017

Hier is 'n paar foto's wat die momente vasvang van die Beertjies se Gauteng skole kampioenskappe by Pilditch, Pretoria

Ons Afdelings