Trofee Kas

Willebeer trofee kas

Daar is verskeie prestasies wat erkenning kry in die Willebeer Atletiek Klub. Daar is deelnemers toekennings wat elke lid van die klub ontvang aan die einde van die seisoen.

Monnies vereer Beertjies

Laerskool Monumentpark het sewe beertjies vereer vir hulle puik deelname gedurende die atletiek seisoen. Elke atleet het 'n toekenning ontvang vir hulle deelname vir die Cluster Kampioenskappe, 6 van die atlete vir deelname aan die Distrik Kampioenskappe, 5 vir deelname aan Gauteng Skole Kampioenskappe en 5 het toekennings ontvang vir beste atleet in hulle onderskeie items. Ons is baie trots op die kinders vir hulle harde werk.

Volg die skakel vir nog fotos:

https://www.facebook.com/WillebeerAfrigting/posts/1303380569775924


MONNIES TOEKENNINGS 

Dogters o/9       Ava Ziegler  Cluster         
Dogters o/10 Nieka Visser  Cluster  Distrik   Gauteng  Skole   Beste snr.  Hekkiesatleet  
Dogters o/11   Bianca Jacobs  Cluster  Distrik    Beste snr.  Hoogspringatleet   
Dogters o/11  Megan de Jongh  Cluster  Distrik  Gauteng  Skole    
Dogters o/13  Shwané Anderson  Cluster  Distrik  Gauteng  Skole  Beste snr.  Verspringatleet  
Dogters o/13  Cassidy Lacy  Cluster  Distrik  Gauteng  Skole  Beste snr.  Naelloopatleet  
Seuns o/13  Roux Prinsloo  Cluster  Distrik  Gauteng  Skole  Beste snr.  Diskusgooier,  Beste snr.  Spiesgooier

Toekennings is goed en bou 'n persoon se selfbeeld. Dit moet wel nie die fokus wees of rede vir hoogmoed nie. Plesier, genot, vreugde, gesondheid en deelname is veel belangriker. Nogtans is dit iets om op trots te wees.

Julle is almal Willebere.

Hou so aan.

Die Beertjies word vereer by Distrik 4 Funksie

Jaarliks hou Distrik 4 'n funksie wat die kinders vereer en geluk wens met hulle insluiting in die Distrik span. Dit is ook gebruiklik om by hierdie funksie vir elke deelnemer 'n medalje te oorhandig. Daar was vyf Beertjies wat deurgedring het na die Disrik 4 Kampioenskappe en die geleentheid gekry het om deel te neem aan die Gauteng Skole Kampioenskappe.

Baie geluk aan:

  • Cassidy Lacy (100m en 200m)
  • Megan de Jongh (80m en 100m)
  • Nieka Visser (70m Hekkies)
  • Shawné Anderson (Verspring)
  • Cathy Booyens (Verspring)

 

Ons Afdelings